Sewe Sakke Hoop Toer
Die veelbekroonde Suid-Afrikaanse sanger Arno Carstens het vroeër vanjaar sy nuutste EP, “Sewe Sakke Hoop”, bekendgestel. Hierdie vyfsnit-EP bou voort op Carstens se kenmerkende, evokatiewe musiek en sy diep Afrikaanse wortels.
Die stories wat in die klank- en liriekmateriaal van die album geweef is, nooi luisteraars uit om oor hul eie lewens na te dink en vertroosting te vind in gedeelde menslike omstandighede.
Volgens Carstens is “Sewe Sakke Hoop” gebore uit ‘n onstuimige agtergrond van globale en plaaslike veranderinge, en dit dien as ‘n baken van solidariteit en hoop.
In Oktober toer Arno deur Suid-Afrika om hierdie nuutste werk na jou dorp te bring.
By sy vertoning by Urth in Bloemfontein kan jy uitsien na stories van regoor sy loopbaan, wat sal kulmineer in “Sewe Sakke Hoop” – die hoogtepunt van die aand. Jy kan ook uitsien na al die gewilde treffers wat jy nie kan wag om te hoor nie. Arno kan nie wag om weer in die Vrystaat te wees nie; dit is al jare. Dit is tyd vir ‘n lekker opskop!
————————————————-
Single seats are unreserved. Tables of 10 can be reserved.