Kry die familie bymekaar en kom kuier saam met Jo Black en sy band by die pragtige Urth. As die weer lekker is, kuier ons buite op die gras met die band op die Venue Stage. Lekker speelplek vir die kinders – “Jumping Pillow en Quad Train Rides beskikbaar” Lekker kos beskikbaar om te koop en ons bars sal vol gestock wees. (Geen eie kos en drank mag ingebring word) .
Sien saam ons uit na heerlike Vrystaatse somer aand kuier met lekker atmosfeer en musiek uit die boonste rakke.
Plekke is onbespreek – maar voorkeur sal gebied word aan vol tafels waar kaartjies in blok gekoop word van minimum van 10.
(In geval van sleg weer, skuif ons die konsert na die Occassions Venue.—- geen kansellasies en terugbetalings)